Randfontein se eie Pretville

Musica Musiekskool se eie weergawe van die gewilde Afrikaanse-musiekrolprent, Pretville rek oë.

Die Musica Musiekskool met Midpark Kerk as gasheer het die afgelope Vrydag-aand hul weergawe van die bekende musiekblyspel Pretville aangebied.

Vir die mense wat na die 50s gebore is en wat dit graag wou sien het Musica Musiekskool dié tydperk herlewe met ‘n oulike en goed ge-organiseerde musiekblyspel. Die blyspel was Musica Musiekskool se eie weergawe van Pretville met die doel om kinders by die musiekskool ‘n kans te gee om hul staal te wys.

Toe die blyspel begin was daar gelag en ge-ooh en aah vir die kinders op die verhoog.

Die musiek het van rock n roll tot doo-wop (styl van dans gewild onder die African-American gemeenskappe in Amerika) gewissel. Mense het dit so geniet dat hulle in hul stoele begin dans het.

‘n Klein Joden Smith het ‘n “koerante te koop”-liedjie uit Pretville opgevoer en het drie Randfonein herald-koerante uitgegee van die verhoog af.

Trotse mamma’s en pappa’s het selfone uitgehaal om videos en foto’s te neem van hul kinders. Sommige ouers het sulke lang videogrepe geneem dat hulle nog ‘n Pretville-musiekrolprent tuis kon maak.

Meisies wat klaar op die verhoog was het agter die kerksaal gedans en saamgesing. Dit was so pragtig dat mense na hulle begin kyk het en nie na die blyspel self nie.

Teen die einde van die aand het Lynn Bootha, hoof van die muskiekstudio van die geleentheid gebruik gemaak om toekennings te oorhandig vir die kinders in die musiekskool en dié wat die skool verlaat. Vir hulle was daar sertifikate oorhandig.

“Die kinders het dit uiters geniet om nie net alleen te sing nie maar dié keer in ‘n groep — hulle hou van saamsing,” het Bootha gesê.

Besoek die gallery vir nog foto’s.

Megan Erasmus, Ashley Cowan en Larisha van Wyk tydens hul beurt.
Exit mobile version