Paddavoetjies hou mal konsert

Paddavoetjies Kleuterskool vermaak ouers tydens ‘Crazy Frog’-konsert.

Paddavoetjies kleuterskool het Vrydag (28 November) mamma’s en pappa’s lekker vermaak met hulle “Crazy Frog”-konsert.

Die konsert wat in Laerskool Rapportryer (Rappies) se skoolsaal gehou is, was te oulik vir woorde en almal van die skool het kans gekry om in die kollig te skyn. Riaan Oberholzer het die verwelkoming gedoen en ook die aand se verigtinge aangekondig.

Na vier van hulle leerlinge die aand ge-open het met gebed was dit die onderwysers se beurt om te wys hoe hulle kan dans. Daarna was dit die kleintjies se beurt om te wys hoe hulle Monkeynastix kan doen.

Na al die opvoerings het die paddakoor die skoollied gesing en toe was dit tyd vir die prysuitdeling waar elke kind erkenning gekry het vir hulle harde werk deur die jaar.

“Ons is so trots op al die kinders en waardeur al hulle harde werk vir die konsert en deur die jaar wat verby is,” het Alta Potgieter van die skool na die funksie gesê.

Exit mobile version