NewsSchools

Rierand-onnies groei snorre

Ses onderwysers van Hoërskool Riebeeckrand ondersteun Movember.

November, of Movember, is uitgesonder as die maand vir die bewusmaking van prostaatkanker.

Movember is ‘n projek wat geloods is om fondse in te samel vir die navorsing van prostaat- en testikulêre kanker. Baie mans reg oor die wêreld word met dié kanker gediagnoseer.

Die doel van die projek is om ‘n snor te groei van 1 tot 30 November; die snor is ‘n simbool van manlikheid en krag, alhoewel ‘n paar mans maar sukkel om ‘n baassnor te groei.

Die manspersoneel van Hoërskool Riebeeckrand het dit goed gedink om die projek te ondersteun en elk ‘n liplapa (snor) te groei.

Stephan Earl, Engelse onderwyser by Rierand, is die voorman van die projek by die skool en het balkies ontwerp en gemaak vir die maand.

Die fondse wat deur die verkope van die balkies ingesamel is gaan direk aan die Movember-fund.

“Baie dankie aan al die mans wat ingestem het om die projek te ondersteun asook die leerlinge van Rierand met hul finansiële bydrae,” het Rickus Kruger, Rierand se woordvoerder gesê.

Verwante artikels:

Movember for women

Movember for all

Related Articles

Back to top button