Local newsNews

Matriekafskeidkompetisie se wenner

Ontmoet die vrou wat die herald se matriekafskeid sms-kompetisie gewen het.

Die herald is trots om aan te kondig dat Madeleine Breedt die gelukkige wenner is van die matriekafkeid sms-kompetisie.

Dié mamma van twee wen ‘n naweek weg by Glenburg Lodge in Muldersdrift.

“Ek kan dit nie glo nie. Ek is so opgewonde om ‘n bietjie weg te breek saam met my verloofde Gerhard,” het Madeleine tydens ‘n onderhoud gesê.

Madeleine is werklik ‘n welwillendsheidengel wat onder andere by die Inzuzu Harvest skool in Soweto betrokke is. Die skool poog om kinders met dwelmverslawing te help en stuur hulle selfs na rehabilitasiesentrums. Hulle help ook minderbevoorregte kinders wat talente soos dans of musiek het om hulle volle potensiaal te bereik.

Kinders is Madeleine se passie en met al die goeie werk wat sy vir die gemeenskap doen, verdien sy werklik om dié prys te wen.

Dit is Madeleine se derde keer wat sy ‘n vakansie wen. Die eerste was in 1992 toe sy ‘n week in Durban by die Palace Hotel gewen het en die tweede was ‘n luukse bootvakansie na die Seychelle.

“Ek glo nie ek verdien al die vakansies nie, maar ek’s seker dit is die Heer se menier om vir my te sê: “Rustig oor die klippe Madeleine, vat so af en toe ‘n blaaskansie,” het Madeleine gesê.

Related Articles

Back to top button