1 000 sertifikate vir Rappies

‘Duxleerling en Rappie van die Jaar die hoogtepunt’

Ongeveer 1 000 sertifikate is tydens Rappies se jaarlikse toekenningaand aan leerlinge oorhandig.

Die top 10 leerlinge van elke graad is uitgesonder, en die top presteerder in elke vak het ‘n beker ontvang.

Woordvoerder van die skool Roleen Olivier het gesê, “Die hoogtepunt van die aand is toe die duxleerling en Rappie van die Jaar in elke graad aangekondig is. Dit verg baie harde werk om aan die vereistes te voldoen om hierdie spog toekennings te ontvang.”

Om as duxleerling aangewys te word, moes die leerlinge die hoogste presteer het in hul graad gedurende die jaar.

Die duxleerlinge is: Schalk Brits (Graad 1), Bianca Venter (Graad 2), Rick vd Berg (Graad 3), Nicci Venter (Graad 4), Ashley Stewart (Graad 5), Vitali Beukes (Graad 6) en Divan du Toit (Graad 7).

Die Rappie van die Jaar-toekenning is aan een leerlinge toegeken wat die beste in akademie, sport en kultuur presteer het. Hulle is: Schalk Brits (Graad 1), Chanè Vermeulen (Graad 2), Michael Croukamp (Graad 3), Jaden Smith (Graad 4), Ashley Stewart (Graad 5), Tiaan Wilken (Graad 6) en Nicole Stewart (Graad 7).

Gedurende die aand is daar ook sport-, kultuur- en buite kurrikulêre toekennings oorhandig.

“Soos wat 2014 einde se kant toe staan wil ons al ons leerlinge, ouers en onderwysers ‘n aangename vakansie toewens. Lekker uitrus want die nuwe jaar is om die draai,” het Roleen gesê.

Rappie van die Jaar. Agter: Nicole, Tiaan, en Ashley. Middel: Michael, Jaden, Chanè. Voor: Schalk.
Exit mobile version