NewsSchools

Hoofdogter steel kollig by Ram-prysuitdeling

Met die jaar amper verby vereer Laerskool Randfontein sy leerlinge.

Leerlinge van Laerskool Randfontein (Ram) is onlangs tydens ‘n prysuitdeling vereer vir hul puik prestasies gedurende 2014.

Leon Haupt, hoof van Ram sĆŖ, “Dit is baie belangrik om positiewe gedrag en besonderse prestasies te vereer.”

Hy beskryf vanjaar se prysuitdeling as besonders en ā€˜n ware spoggeleentheid.

Die volgende leerlinge het trofeƫ ontvang:

ā€¢ Sportdogter: Devonique Breedt

ā€¢ Sportseun: Tiaan Barnard

ā€¢ Beste junior atleet: Keanu Nortje

ā€¢ Junior-kultuurleerling: Kieren Rautenbach

ā€¢ Kultuurleerling Gr 4 tot 5: Caitlin Begg

ā€¢ Kultuurleerling Gr 6 tot 7: Tyllin Barnard

ā€¢ Veelsydigste leerling: Giselle Rautenbach

ā€¢ Hoof se toekenning: Mariska Kruger

ā€¢ Gr 7-duxleerling: Giselle Rautenbach

Giselle, hoofdogter van 2014, was die stĆŖr van die aand. Sy het buitengewone ereklere ontvang vir haar topprestasies en dat sy vir die vierde jaar na mekaar as duxleerling aangewys is. Giselle het ook vir ses van haar nege vakke trofeĆ« ontvang asook ‘n toekenning as veelsydigste leerling in Ram ontvang.

Leon het verder klem gelĆŖ op 100 persent skoolbesoek.

“Dis vir ons as personeel baie belangrik dat die leerlinge gereeld by die skool is en nie onnodig afwesig is nie,” het Annie Nolan, woordvoerder van RAM gesĆŖ.

Vanjaar was daar vyf Gr 7-leerlinge wat erkenning gekry het vir sewe jaar se 100 persent skoolbywoning. Hulle is: Corrie Appelcryn, John Dawson, Rujuan J v Vuuren, Eztia Saunders en MarlenƩ Vrey.

Annie het verder gesĆŖ “Dis voorwaar ‘n prestasie en genade om so gesond te wees.”

Die hoof en personeel van Ram is uiters trots op al die leerlinge.

“Wel gedaan Rammies. Volgende jaar maak ons weer so,” het Annie bygevoeg.

Related Articles

Back to top button