Local newsNews

Vuurwerke – ‘n Klap in die gesig vir troeteldiere?

Met oujaarsaand om die draai is dit noodsaaklik om te weet wat die klappers aan sensitiewe diere doen.

Oujaarsaand is om die draai, so ook ‘n dag van plofstof, klappers en geraas.

Met die streng reels en regulasies teen klappers koop, verkoop en skiet behoort die feesseisoen nie te erg te wees vir sensatiewe diere nie. Bygesê, daar is tog wel die onverantwoordelike mense wat hulle nie steur aan die reels nie.

Die Plofstof wet no.26 van 1956 sê dat dit onwettig is om vuurwerke in enige gebou of publieke plek te skiet sonder die geskrewe permissie van die plaaslike owerhede nie. Seksie 10.35 handel oor publieke vuurwerk vertonings waar daar ook vir die hoofinspekteur van plofstowwe geskrewe permisie vir ‘n permit gevra moet word. Die wet sê dan ook dat kinders onder 16 jaar, volwasse toesig moet hê as hulle vuurwerke hanteer of skiet.

“Ek het nie ‘n problem met klappers wat in georganiseerde byeenkomste gevuur word nie, ek hou eintlik van die vertonings. Wat my wel pla is mense wat moedswillige kwaaddoeners is en diere opsetlik seer maak met klappers.” het plaaslike veearts, Dr. HJ Naudé gesê.

Hy het ook verduidlik dat daar die mense is wat klappers oor mure gooi om blaffende honde stil te maak wat net wreed en gemeen teenoor daai diere is.

“Dit kan ‘n dier baie seer maak,” het hy bygevoeg.

So hoe nou as jy ‘n oorsensitiewe troeteldier het?

Dr. HJ Naudé stel voor maak seker jou troeteldiere het identifikasie bandjies aan met kontaknommers wat op datum is. Indien moontlik, probeer by hulle by die huis bly as daar tekens is van vuurwerke wat hulle kan ontstel. Indien nie moontlik nie, hou hulle dan in die huis en verkieslik in ‘n vetrek met hoë vensters – dit maak dit moeiliker vir hulle om deur die vensters te spring.

Probeer ook om die harde geluide so veel as moontlik uit te doof met gordyne en komberse voor vensters. Kalmerende musiek teen matige volumes kan ook gespeel word. Probeer speelgoed of beddegoed neer sit wat vir diere gewoond is en gee ook vir hulle iets om hulself besig te hou. ‘n Gesonde maaltyd vroeg in die aand kan ook help dat hulle rustig word.

As jou troeteldier baie erg reageer op vuurwerke, kan die hulp van ‘n plaaslikke veearts ingroep word. Daar is kalmeermiddels op die mark spesiaal vir troeteldiere wat nie gevaarlik vir hulle is nie. Die kalmeermiddels kan dan ook gegee word vir hewige donderstorms of angstigheid.

• Navrae: Kontak die Randfontein DBV by 011 412 3114/011 753 1829 of Dr. Naudé by 011 412 1010.

Verwante artikels:

Angry West Rand residents to fight fireworks abuse

Bleak New Year’s for Randfontein animals

Related Articles

Back to top button