Local newsMunicipalNews

Pad om skool ‘n gevaar

Ouers is bekommerd oor die toestand van die paaie om Laerskool Rapportryer.

Ouers van Laerskool Rapportryer het hulle stemme begin dik maak oor die toestand van die paaie om die skool en die padvarke wat hulle kinders se lewens in gevaar stel.

Die herald het Vrydag 7 November gaan ondersoek instel oor die toestand van die paaie en wat die skool doen omtrent die veiligheid van sy leerlinge.

Dawn Horn, jare lange Randfontein-inwoner en ‘n ouma van een van die leerlinge het die volgende te sê gehad, “Die mense in hul motors wat van Barend- en Langermanstraat af in Marketstraat in draai stop eenvoudig nie. Daar ook mense wat voor die skool verby jaag terwyl jong kinders die pad probeer oorsteek.”

Yvonne Loots, ‘n bekommerde ma het bygevoeg dat die skolierpadpatrollie nie 1nm aan diens is vir die jonger leerlinge wat vroeër uitkom nie. Volgens Loots is daar wel van Maandag tot Donderdag gewoontlik ‘n juffrou aan diens om die kleintjies te help, maar Vrydae is daar gewoontlik niemand nie.

‘n Persverklaring, geteken deur die hoof, mnr Carel Stoop lees as volg: “Daar is altyd hulp vir leerders by die voetoorgange van die skool. Die padpatrollie-leerders is in die oggend al om 6:50vm by die skool om diens te doen. Grade 1-3 leerders verdaag in die middae om 1nm en 1:20nm onderskeidlik. Aangesien padpatrollie leerders (wat in gr6 is) nog klas het, is daar Grondslagfase dames wat elke middag daardie bogenoemde tye, leerders veilig oor die strate help.

“Daar is 3 voetoorgange en by elk is daar padpatrollie-leerders aan diens. Ons probeer ons bes en doen alles in ons vermoë om leerders veilig oor pad te help. Ons werk is nie om “verkeersbeamptes” te wees en voertuie te stop nie. Ons is daar vir die veiligheid van ons leerders.”

Die Randfontein Verkeersdepartement is verskeie kere geskakel, maar geen kommentaar is teen druktyd ontvang nie.

Carli du Toit staan pligsgetrou op haar pos voor die Wenner-hek in Marketstraat.
Carli du Toit staan pligsgetrou op haar pos voor die Wenner-hek in Marketstraat.
Die spoedwal wat so te sê plat gery is in Marketstraat. Die verf is ook amper onsigbaar teen die teer.
Die spoedwal wat so te sê plat gery is in Marketstraat. Die verf is ook amper onsigbaar teen die teer.

Related Articles

One Comment

  1. Ek is al ouer van Rappies vir 10 jaar, ons vra elke jaar vir die skool om ‘humps’ op te laat sit of die hoofstraat van skool ‘n one way te laat maak al is dit net tydens skool op en aflaai tye. Ons het aangebied om the help met die kontroleering daarvan. Skool gee geen gehoor daaraan. My kar is al self in parkering gestamp, oor ‘n ouer ‘n verkeerde draai gemaak het in straat

Back to top button