Pretville deur plaaslike musiekskool

'Dit beloof om 'n aand vol pret en talent te wees'

Die Musica Musiekskool, met Midpark Kerk as gasheer, bied op 28 November hul weergawe aan van die bekende musiekblyspel, Pretville.

“Dit beloof om ‘n aand vol pret en talent te wees,” sê Carine Gouws en Lynn Bootha van die musiekskool.

Musica Musiekskool bied klavier-, klawerbord- en sangklasse aan en het al ‘n toekenning vir algehele beste studio aan die Wes-Rand ontvang tydens die Nasionale Eisteddfod Akademie (NEA).

Hulle is daarvoor bekend om groot geleenthede aan te bied soos: ABBA-Solutely Fabulous, Gospel Skouspel en Kersfees Klanke. Die doel hiermee is om die kinders by die musiekskool ‘n kans te bied om hulle talente met ander te deel.

Bootha en Gouws sê, “Hierdie tipe konsert is elke jaar ‘n hoogtepunt vir die musiekskool”.

Behalwe vir die konserte, skryf kinders ook vir verskeie kompetisies in soos die NEA en die Carltonville Kunsfees.

Bootha en Gouws fokus verder om elke kind tot hulle volle potensiaal te ontwikkel. Bootha rig die kore af van Laerskool Randfontein, Hoërskool Jan Viljoen, Randpoort Renaissance en Vriendskaptuiste en is ook ‘n orrelis by die Randfontein Midpark-gemeente.

• Navrae: Lynn en Carine by 082 442 1508.

Exit mobile version