Modepop se rommelrok laat koppe draai

Rappies-leerling wil eendag Mej SA word.

Cerozaan Jonker, 9, ‘n leerling van Laerskool Rapportryer het met die hulp van haar familie ‘n aandrok uit rommel gemaak en die koppe laat draai.

Met almal wat tekere gaan oor besoedeling en die toestand van vullishope, het Cerozaan ‘n briljante oplossing gevind. Rokke en veral ontwerper aanddrag is gewoonlik ‘n duur affêre – hoekom nie styl herdefineer met rommel nie?

Cerozaan het die rok onlangs by haar modeleksamen by King Sjarmeskool ten toon gestel. Cerozaan het haar eksamen geslaag met 89 persent vir Algemene Model Werk, 93 persent vir Houding en Persoonlikheid en te danke aan haar rommelrok 95 persent vir uitrusting en bykomstighede.

“Ek hou baie van spreekkoor en gedramatiseerde poësie, maar die meeste van modelwerk. Ek wil graag ‘n model word as ek groot is en dalk miskien Mej SA eendag,” sê Cerozaan opgewonde.

Cerozaan Jonker met haar sertifikate wat sy by haar modeleksamen verower het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version