NewsSchools

Adjunkhoof tree af na 17 jaar

‘Ons groet ‘n groot legende’ — skool.

Pieter van der Merwe, adjunkhoof van Hoërskool Riebeeckrand se dae by die skool is verby.

Na 17 jaar by die skool het hy besluit om af te tree. Hy het Biologie en Lewenswetenskap vir Graad 10’s en 11’s gegee en sy passie vir onderrig en opvoeding sal gemis word.

Rickus Kruger, woordvoerder van die skool sê, “Ons groet ‘n groot legende. Hy is ‘n man wat diep spore by die skool getrap het, ‘n man wat altyd deur sy geloof ‘n voorbeeld gestel het, ‘n man wat altyd deur ‘n ring getrek kon word.”

Die skool het amptelik op Vrydag 17 Oktober van hom afskeid geneem.

“Wat die dag ekstra spesiaal gemaak het is dat dit ook sy verjaarsdag was,” sê Kruger.

“Die Graad 9-raad het ‘n geskenk namens die skool aan Van der Merwe oorhandig. Die aand het kollegas, vriende en familie ‘n afskeidsfunksie in die Riebeeckrand-hotelskool bygewoon.

Kruger vertel dat die hoof, AE van den Berg met ‘n traan in die oog ‘n spesiale toespraak gelewer het waarin hy hom bedank het vir al sy leiding deur die jare by Riebeeckrand.

Van der Merwe het self ook ‘n toespraak gelewer. Hy het sy tyd as adjunkhoof as wonderlik beskryf.

“Dit is ‘n voorreg om die wonderlike hoofstuk in my lewe af te sluit,” het Van der Merwe ten slotte gesê.

Related Articles

Back to top button