News

Meters gaan bly al kla inwoners

Nersa, by wie die kragvoorsiener gelisensieer is, het dit goedgekeur dat die voorafbetaalde meters vervang word nadat elektrisiteitsdiefstal toegeneem het.

“Hulle kan op hulle koppe staan, die konvensionele meters gaan bly.”

SĂ³ sĂª Chris Grobler, eienaar van West Rand Power Distributors (WRPD) oor die vraag of hulle dit sal oorweeg om die konvensionele meters wat in Maart vanjaar geĂ¯nstalleer is weer met die voorafbetaalde meters te vervang.

“Ons het die reg gehad om dit te doen; dit was nie iets wat ons sommer net gedoen het sonder toestemming nie – ons volg altyd die regte kanale.”

Hy sĂª dat hulle by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) gelisensieer is as die kragvoorsiener vir West Village en dat hulle by die instelling aansoek gedoen om die voorafbetaalde meters te vervang.

Hulle moet ook elke jaar aansoek doen om die prys van elektrisiteit te verhoog en moet reeds in Oktober met die dokumentasie en motivering begin.

“Indien Nersa dink dat ons nie daarvoor in aanmerking kom nie, sal hulle dit nie toestaan nie. Dit kan gebeur wanneer dit vir hulle lyk of ons te veel wins maak.”

Hy sĂª die inwoners dink dalk hulle word uitgebuit, maar die wetlike riglyne is gevolg.

“Eskom verhoog elke jaar hulle elektrisiteitsprys en dit is daarom ook vir ons nodig om ons prys te verhoog. As ons dit nie doen nie sal ons as besigheid ‘n verlies ly – ons pryse is gelykstaande aan diĂ© van die munisipaliteit.”

Grobler sĂª al rede waarom daar besluit is om die voorafbetaalde meters te vervang is dat elektrisiteitsdiefstal ‘n groot probleem vir die maatskappy geword het.

“Ons kon nooit vasstel waarom ons ‘n verlies ly nie en het eers snuf in die neus gekry toe inwoners wat altyd baie meer vir elektrisiteit betaal het, skielik baie minder daarvoor betaal.”

Hy sĂª ‘n moniteerbare meter is toe by diĂ© inwoners se kragbokse buite geĂ¯nstalleer wat getoon het dat hulle baie meer as die voorafbetaalde elektrisiteit gebruik wat hulle gekoop het.

“Dit is as gevolg van die aanhoudende diefstal dat ons besluit het om die meters te vervang. Die meeste verbruikers wat kla oor die hoĂ« koste wat hulle moet betaal is diĂ© wat al elektrisiteit gesteel het.”

Inwoners het dit reggekry om hulle elektrisiteitsverbruik met die voorafbetaalde meters te omseil.

“Ongelukkig kon ons dit nooit regtig bewys nie, want elke keer as ons gevra het om inspeksie te doen was alles reg. Ons kan nie net by ons kliĂ«nte se huise ingaan sonder ‘n afspraak nie.”

Hy sĂª ‘n ander kopseer is dat bewoners van veral skakelhuise elektrisiteit by mekaar steel.

“Items soos die geiser wat baie elektrisiteit trek word aan ‘n ander inwoner se stelsel gekoppel en daarom raai ons verbruikers aan om te kyk dat daar nie ander kabels aan hulle stelsel gekoppel is nie.”

Grobler sĂª die konvensionele meter kan steeds soos ‘n voorafbetaalde meter hanteer word deurdat hulle die lesings aan die klant kan deurgee.

“Indien hulle steeds onseker is of ons die korrekte prosedures volg kan hulle vir Nersa kontak.”

Verwante artikels:

• Drama by West Village

Related Articles

Back to top button