NewsSchools

Rappies-kultuurdier blink uit by Raca

Rick van der Berg is die algehele wenner in die Junior Laerskole-afdeling vir spraak en drama.

Laerskool Rapportryer spog vanjaar weer met uitmuntende prestasies tydens die Raca Kunswedstryd.

Die skool is veral trots op Rick van der Berg wat as die algehele wenner in die Junior Laerskole-afdeling vir spraak en drama aangewys is.

Volgens die skakelbeampte van die skool, Roleen Olivier is Rick in Graad 3 en het hy puik tydens die kunswedstryd gevaar. Hy is ook op ‘n besonderse wyse vir sy prestasies vereer tydens die galafunksie.

“Rick is as afdelingwenner in drie kategorië aangewys. Dié kategorië is Afrikaanse voorbereide lees, Engelse siglees en Afrikaanse prosa,” vertel Olivier.

Hy het ook die toekenning vir uitsonderlike prestasie ontvang tydens die kunswedstryd en is in die prestige Diamantklub van Raca verwelkom.

“Ons is baie trots op Rick. Hy het uitstekend tydens die Raca Kunswedstryd gevaar. Jy maak Rappies trots. Baie geluk met jou prestasies,” vertel Olivier ten slotte.

Related Articles

One Comment

Back to top button