Local newsNews

Randfontein moontlik nuwe kunsdorp

Die kunsmark sal kuns in Randfontein bevorder.

Cum Luade Kunsskool in samewerking met Hamilton’s Gastehuis het besluit om ‘n Randfontein Kunsmark op die been te bring.

Volgens die eienaar die kunsskool, Magriet Botha, beplan hulle om ‘n kunsmark kwartaallik aan te bied.

Die eerste kunsmark sal op 8 November by Hamilton’s Gastehuis wees.

“Die kunsmark bied plaaslike kunstenaars die geleentheid om hulle werk uit te stal en blootstelling te ontvang. Ons glo dat dit nie net huidige kunstenaars kan help nie, maar ook die kunste in Randfontein kan bevorder,” vertel Botha.

Sy doen ‘n beroep op kunstenaars aan die Wes-Rand wat sou belangstel om hul werk by dié geleentheid uit te stal haar te kontak en ‘n plek by die mark te bespreek.

“Ons sal die mark in Hamilton’s Gastehuis se pragtige tuine aanbied,” vertel Botha.

Sy nooi die gemeenskap om na die kunstenaars se werke te kom kyk en kan dit ook koop.

Die kunsmark sal van 8vm tot 2nm gehou word.

• Navrae: Magriet van Cum Luade Kunsskool by 082 465 2519 of Marina by 011 693 1613.

Related Articles

Back to top button