Local newsNews

Plaaslike Gospel-sanger stel tweede album bekend

Shirley Louw se album,'He'll make a way' is vanaf 9 November beskikbaar.

Randfontein se gospelsangsensasie Shirley Louw stel op 9 November haar tweede album, He’ll make a waybekend by die AGS Greenhills-gemeente.

Louw, wat groot sukses behaal het met haar debutalbum, I am free, glo haar nuwe album sal net so suksesvol wees.

“Oorspronklik het ek besluit my debutalbum sal die laaste een wees, maar die Here het vir my weer ‘n geleentheid gegee om ‘n album vry te stel,” vertel Louw.

“Ek is baie opgewonde oor die bekendstelling en nooi die Randfontein-gemeenskap om tydens die gemeente se oggenderediens om 9.30vm, die bekendstelling by te woon,” vertel Louw.

Daar sal na afloop van die diens CD’s te koop aangebied word.

Related Articles

One Comment

Back to top button