Pastoor Hansie Smit kom bedien die gemeenskap

AGS Greenhills-gemeente het binnekort 'n welbekende pastoor aan die woord.

 ‘n Welbekende pastoor en man van God, Hansie Smit sal van 19 tot 22 Oktober by die AGS Greenhills-gemeente aan die woord wees.

Volgens die pastoor van dié gemeente, Hannes van der Merwe, sal die gemeente verskeie spesiale dienste aanbied waartydens Smit die Randfontein-gemeenskap met God se woord sal bedien.

“Ek is oortuig ons Skepper het ‘n boodskap vir die Randfontein-gemeenskap, daarom doen ek ‘n beroep op hulle om die geleentheid by te woon,” vertel Van der Merwe.

Hy vertel dat die gemeente se tema vir Oktober ‘Ons sal doen’ is en Smit se boodskap sal by die tema aansluit.

Smit sal op 19 Oktober beide die gemeente se eredienste lei en van 20 tot 22 Oktober sal daar spesiale aanddienste plaasvind.

Toegang tot die dienste is gratis.

• Navrae: Skakel gerus die AGS Greenhills se kerkkantoor Maandae tot Vrydae tussen 8vm en 2nm by 011 692 3880.

Exit mobile version