Local newsNews

Randfonteiner wen esel by handwerkwinkel

Een gelukkige Randfontein-inwoner stap weg met 'n uitstalesel.

Een gelukkige Randfontein-inwoner het tydens The Craft Shop se gelukkige trekking ‘n pragtige uitstalesel gewen.

Volgens Wilma Reed, ‘n eienaar van die organisasie, het hulle besluit om ‘n lootjieprojek te loots.

Tydens die projek kon die Randfontein-gemeenskap lootjies koop om ‘n kans te staan om ‘n pragtige uitstalesel te wen.

Dié esel is deur Noël Reed gemaak. Volgens die eienaar van die handwerkwinkel is dit ‘n pragtige item vir enige huis. Sy vertel dat hulle talle inskrywings vir dié projek ontvang het.

“Die amptelike trekking is op 30 September deur Simone Fouche en Ria van Niekerk behartig. Santa van Vuuren is die gelukkige wenner van dié pragtige esel,” vertel Reed.

Sy sê dat Van Vuuren dadelik gekontak is en dat sy ook binnekort haar prys by ‘The Craft Shop’ sal kom afhaal.

Related Articles

Back to top button