Rappies Pre-Primêr vier lente

Skool hou pretloop en markdag om lente te verwelkom.

Met ‘n huppel in hul stap het Rappies Pre-Primêr die lente gevier met ‘n pretloop en markdag.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het die kleuters onlangs ‘n heerlike familiedag op die skool se sportgronde geniet.

“Die geleentheid was ‘n reuse sukses; die kleuters, ouers, onderwysers en familielede het die dag saam kom geniet,” vertel Olivier.

Die geleentheid was om die aanbreek van lente te vier. Om tot die pret en plesier van die dag by te dra kon ouers en kinders hul entrepreneursvaardighede op die proef stel.

“Die kleuters het hul gate uit geniet. Die wat nie aan die pretloop deelgeneem het of entrepreneur gespeel het nie, het op springkastele baljaar,” vertel Olivier ten slotte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version