NewsSchools

Ramkriekies reis om die wêreld

Kleuters trek aan soos Sjinese, Duitsers en Amerikaners.

Elke jaar het Laerskool Randfontein se Ramkriekie Kleuterskool ‘n opwindende konsert. Vanjaar het hul weer so gemaak en die tema was Om die wêreld in 60 minute.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Annie Nolan, was dit ‘n wonderlike toer deur al die verskillende lande en die kleuters het ook elke oomblik daarvan geniet.

“Daar is ‘n draai gemaak in Sjina, Indië, Duitsland, die VSA en nog vele meer,” vertel Nolan.

Die konsert het op Vrydag 19 September met ‘n gratis oggendvertoning vir die seniors van die Vriendskapstuiste afgeskop.

Die mammas, pappas en ander belangstellendes het die geleentheid gehad om die konsert in die week van 22 tot 25 September by te woon.

“Die saal was asemrowend versier en ‘n splinternuwe klanksisteem is tydens die geleentheid gebruik,” vertel Nolan.

Sy vertel verder dat die onderwyseresse baie moeite gedoen het en die verskillende lande pragtig met hul konstuums uitgebeeld het.

“Vanjaar se kleuterkonsert was ‘n groot sukses. Die bestuur van Laerskool Randfontein bedank elke onderwyser wat soveel moeite gedoen het om van die geleentheid ‘n sukses te maak,” vertel Nolan.

Related Articles

Back to top button