Ram-toneelgroepe beindruk by ATKV-fees

Twee groepe van Ram reig die toekennings in by gesogte kompetisie.

Laerskool Randfontein (Ram) spog vanjaar met twee toneelgroepe wat aan die ATKV Toneelfees, Sonder Grense deelgeneem het.

Volgens die skakelbeampte die skool Annie Nolan, het dié toneelgroepe hulself puik van hul taak gekwyt.

“Onder die leiding van Marinda Schoonraad het die junior toneelgroep Talente en die senior toneelgroep Die Middeljare opgevoer en met ander laerskole meegeding,” vertel Nolan.

Die juniors se Talente het stof in die ander groepe se oë geskop en is gevolgelik as die algehele wenners in hulle kategorie aangewys.

Beide tonele is ook vir verskeie toekennings soos beste dekor, beste nuutgeskrewe teks en beste samehorigheid genomineer.

“Janeke Fourie, Elandré Obermeyer en Clerise Begg is as beste belowende akteurs vir die toekoms aangewys,” vertel Nolan.

“Dit was ‘n voorreg vir die leerlinge en personeel om aan die kompetisie deel te neem en hulle hoop om volgende jaar weer so goed te vaar.”

Exit mobile version