Bekende akteur by Rappies-damestee

Dezi van 7de Laan maak 'n draai by skool se damestee.

Laerskool Rapportryer spog met groot sukses tydens hul onlangse damestee.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het dié geselligheid in Rappies se eie onthaalsaal plaasgevind.

“Die welbekende Suid-Afrikaanse aktrise Elma Postma het ’n uitmuntende eenvrouvertoning Trousseau aangebied en die vroue van Randfontein met haar talent op die verhoog vermaak,” vertel Olivier. Almal het die aanbieding vreeslik geniet.

Behalwe vir puik vermaak en lekker geselskap het die organiseerders ook baie moeite gedoen om die tafels te versier. Volgens Olivier het almal die keurige eetgoed geniet.

“Dankie aan Anzelle Jordaan wat aan die stuur van sake was en aan elke vrou wat die oggend bygewoon het om daarvan ’n reuse sukses te maak. Rappies waardeer julle ondersteuning,” vertel Olivier.

Organiseerder van die geleentheid, Anzelle Jordaan en Elma Postma wat as Dezi in 7de Laan onthou word.
Exit mobile version