Local newsNews

Iemand vir ‘n oortoets?

Robinson-gehoorsentrum toets die ore, speel bingo.

As deel van gehoorbewustheidsmaand wat gedurende September gevier is het die Robinson Gehoorsentrum onlangs ‘n Bingodag aangebied waartydens diegene teenwoordig gratis gehoortoetse ontvang het.

Volgens ‘n verteenwoordiger van Beltone Gehoorapperate, Astrid Olivier het hulle in samewerking met Robinson Gehoorsentrum die bingodag gereël om mense met gehoorprobleme in die gemeenskap te identifiseer en te help.

Olivier vertel verder dat sowat 10 lede van die gemeenskap die bingodag bygewoon en lekker saam gekuier het.

Die lede van die gemeenskap het ook die kans gestaan om allerhande lekker Beltone en Hear Care pryse los te slaan.

“Elkeen teenwoordig het ook ‘n gratis oortoets ontvang. Diegene wat dit nodig gehad het, is ook dan met ‘n tydelike Beltone gehoorstuk geproefpas,” vertel Olivier.

Al die gehoorstukke wat tydens die geleentheid gepas is, is deur Beltone geborg en alle toetse en proefpassings is gratis gedoen. Na afloop van gehoorbewustheidsmaand, sal een gelukkige kliënt van Robinson Gehoorsentrum ook ‘n permanente gehoor apperaat wen.

“Alhoewel ons tydens die bingodag verskeie gehoortoetse gedoen het, kan die gemeenskap regdeur die jaar steeds by die sentrum ‘n draai maak vir ‘n gratis toets en proefpassing, geborg deur Beltone,” vertel Olivier.

IMG_8919 (Medium) (800x533) IMG_8927 (Medium) (400x600)

Related Articles

Back to top button