Local newsNews

Grill Master doen hul deel vir KANSA

Bestuur en personeel van restaurant sproei hul hare vir 'n goeie doel.

Die personeel en bestuur van Grill Master Restaurant het op 21 September groot gegaan om fondse vir die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) in te samel.

Volgens een van die bestuurders by Grill Master, Charlie Collins, het hulle besluit om dié fondsinsamellingsprojek te loots as deel van vanjaar se Cansa Relay for Life.

“Aangesien ons nie die Relay for Life kon bywoon nie, het ons as bestuur en personeel dit goedgedink om die fondsinsamellingsprojek aan te bied,” vertel Collins.

Sy vertel verder dat die kelners van dié restaurant almal hul hare gesproei het en selfs bandannas en brille aangekoop het om dié projek te ondersteun.

“Ons as die bestuur van Grill Master het vanjaar se Relay for Life tema – die 60s aangeneem en almal soos blommekinders (Hippies) aangetrek,” vertel Collins.

Sy verduidelik verder dat die kliënte ook tydens die geleentheid hulle hare kon kleursproei en KANSA-artikels aankoop.

Al die fondse wat Grill Master tydens die geleentheid ingesamel het, is aan Cansa geborg.

“Die dag was ‘n reuse sukses en ons het sowat ‘n R1 000 ingesamel,” het Collins bevestig.

Related Articles

Back to top button