NewsSchools

Rierand ryg die toekennings in by Raca-kunstefees

'Dis duidelik dat Rierand een van die top kultuurskole in die streek is.'

Hoƫrskool Riebeeckrand het tydens vanjaar se Raca Kunswedstryd groot opslae gemaak.

Rierand se junior dansgroep het ‘n platinumtoekenning ontvang terwyl die seniors met ‘n diamanttoekenning spog.

HoĆ«rskool Riebeeckrand se pom-poms het 95 persent behaal. Die Graad 8-spanredenaarsgroep asook die Graad 9’s spog albei met platinumtoekennings. Die Graad 9’s spog verder ook met 94 persent.

Die eerste van die Graad 10-redenaarsgroepe het met ‘n diamanttoekenning gespog terwyl die tweede groep ‘n goeie 96 persent behaal het. Die Graad 11-redenaars kan breĆ«bors rondloop met hul 96 persent.

“Die dramagroepe van Riebeeckrand kan ook trots wees op hulle prestasies met die dramastukke Addiction en Monster wat platinumtoekennings ontvang het terwyl Ek vir jou SA ‘n diamanttoekenning verdien het. Die toneelgroep het ook 90 persent behaal,” vertel Kruger.

Betty Nel en haar kore het ook die beoordelaars met hulle puik sang verstom. Die seuns- en die dogterskoor het 93 persent behaal en die gemengde koor spog met 95 persent.

Die musiekgroep Abandonship het met hul vertoning 94 persent verower.

Die spreekkoor het 93 persent verower, terwyl die publieke toespraak-groepe almal ‘n punt van meer as 90 persent verower het.

“Ons wens elkeen van diĆ© groepe baie geluk met hul uitstaande prestasies en bedank ook elke afrigter en personeellid wat die leerlinge tot sukses gelei het,” vertel Kruger.

Related Articles

Back to top button