Local newsNews

Liefde Wen vat hande by Cansa Relay

AGS Randfontein verwelkom nie-winsgewende organisasie by vanjaar se Cansa Relay for Life.

Die nie-winsgewende organisasie Liefde Wen sal betrokke wees by Randfontein se tweede jaarlikse Kanker Suid-Afrika (Cansa) Relay for Life.

Dit nadat die AGS Randfontein-stappers dié nie-winsgewende organisasie by dié geleentheid betrek het.

Volgens een van die stappers van AGS Randfontein, Venessa Venter, is die konsep agter Liefde Wen om goedere aanlyn te verkoop om fondse in te samel.

“Dié fondse word maandeliks aan ander organisasies geskenk om te help met bewusmaking en navorsing van verskeie tendense. Een van dié tendense is kanker,” vertel Venter.

Sy sê dat Liefde Wen die AGS Randfontein-stappers sal borg en ook tydens die geleentheid goedere sal verkoop terwyl hulle die stappers ondersteun.

Liefde Wen het onlangs ook met verskeie ander organisasies hande gevat. Die organisasies sluit in onder andere Mad Swimmers – wat tussen kontinente swem vir om fondse in te samel; MES – wat verskeie projekte in Suid-Afrika aanpak en wonderlike werk doen; asook Dialoog – wat gratis ekstra klasse vir leerlinge in Tembisa aanbied.

“Cansa Randfontein het ‘n stalletjie aan Liefde Wen beskikbaar gestel en dié organisasie sal allerlei artikels soos klere en pette tydens die geleentheid verkoop om verdere fondse in te samel,” vertel Venter.

Sy doen ‘n beroep op die gemeenskap om Liefde Wen tydens die Relay te kom ondersteun wat op 26 September by Die Greenhills Sportgronde sal plaasvind.

Related Articles

Back to top button