Rappies doen hul deel vir Ubuntu

Talle instansies vind baat met Graad 6-leerlinge se Ubuntu-gebaar.

Die Graad 6-leerlinge van Laerskool Rapportryer het die gees van welwillendheid op ’n wonderbaarlike wyse beoefen.

Volgens Roleen Olivier het elke Graad 6-leerling ’n geskenkpakkie met persoonlike benodighede opgemaak en aan verskillende instansies oorhandig.

Hoof van Laerskool Rapportryer, Carel Stoop het die oorhandigings op 8 September behartig.

“Instansies wat baat gevind het was Koningskinders – vir hulpbehoewende kinders; Tulbach Tehuis; Huis Eldad; Sonskyn Ouetehuis, en Laerskool Rapportryer se uitreik- en hulpfonds,” vertel Olivier.

Olivier bedank elke ouer en leerlinge wat so positief op die uitreikprojek gereageer het.

Exit mobile version