![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2014/09/ubuntu-2-Medium.jpeg)
Die Graad 6-leerlinge van Laerskool Rapportryer het die gees van welwillendheid op ’n wonderbaarlike wyse beoefen.
Volgens Roleen Olivier het elke Graad 6-leerling ’n geskenkpakkie met persoonlike benodighede opgemaak en aan verskillende instansies oorhandig.
Hoof van Laerskool Rapportryer, Carel Stoop het die oorhandigings op 8 September behartig.
“Instansies wat baat gevind het was Koningskinders – vir hulpbehoewende kinders; Tulbach Tehuis; Huis Eldad; Sonskyn Ouetehuis, en Laerskool Rapportryer se uitreik- en hulpfonds,” vertel Olivier.
Olivier bedank elke ouer en leerlinge wat so positief op die uitreikprojek gereageer het.