Local newsNews

Oggendtee vir die hele gesin, vriende en familie

Retha Mcpherson sal die gaste toespreek.

Die AGS Middelvlei-gemeente bied op 11 Oktober ‘n oggendtee vir die hele familie aan.

Volgens die projekbestuurder van die oggendtee, Brenda van Loggerenberg, sal die welbekende spreker, Retha Mcpherson vir die wat dit bywoon ‘n nuwe hoop in Jesus gee.

“Enigiemand wat bemoeid en belas is sal beslis by die funksie aanklank vind. Daarom doen ek ‘n beroep op die gemeenskap om nie die kans te laat verby gaan nie,” vertel Van Loggerenberg.

Kaartjies vir die geleentheid beloop R120 per persoon en sluit ‘n heerlike ontbyt in. Toegang vir kinders onder die ouderdom van 15 jaar is gratis.

“Terwyl die ouers die seminaar bywoon, sal daar ook toesig vir die jong klomp gereël word. Die kinders sal ook ‘n ontbyt geniet en lekker speletjies speel,” vertel Van Loggerenberg.

Die oggendtee sal ook as fondsinsamelingsprojek dien. Al die fondse wat tydens die geleentheid ingesamel word sal deur die gemeente aangewend word om die kerk van krag tot krag voort te bou.

Daar is slegs ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar, so bespreek jou plek vroegtydig om teleurstelling te voorkom.

Vir meer inligting of kaartjie besprekings, skakel gerus vir Brenda van Loggerenberg by 072 441 2816 of vir Theresa by 082 354 3909.

Related Articles

Back to top button