NewsSchools

Rierand se nuwe bestuur aangekondig

Nuwe groep is gereed vir 'n jaar vol nuwe uitdagings.

Hoërskool Riebeeckrand het tydens ‘n glansgeleentheid by die NG Kerk Helikonpark hul nuwe top bestuur vir 2015 aangewys.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het die hoofseun en hoofdogter vir die 2014 skooljaar, Eswee Kruger en Lizerie Ferreira met trane in die oë en trots in hul harte afskeid van die poste op die top bestuur geneem.

“Die nuwe hoofseun en hoofdogter vir 2015 sal gedurende 2015 die skool se bestuur help om dissipline in die skool te handhaaf,” vertel Kruger.

Volgens Kruger is Divahn Martin tydens die geleentheid as die hoofseun vir 2015 aangewys, terwyl Elenè Clarke die rol as hoofdogter van Hoërskool Riebeeckrand gaan vol staan.

“Onderhoofseun is Vandrè du Preez en onderhoofdogter is Cleary Simpson en hulle sal die hoofseun en hoofdogter bystaan gedurende hul diensjaar,” vertel Kruger.

Daar sal ook vier addisionele lede op die top bestuur dien.

Dié leerlinge is Shenike Olivier, Nicole Levy, Aldré Koekemoer en André Bezhuidenhout.

Beide die junior en senior raad van Hoërskool Riebeeckrand vir 2015 is reeds aangekondig en is gereed vir ‘n jaar vol nuwe uitdagings.

“Die bestuur van Riebeeckrand sien uit na 2015 en met agt puik leiers aan boort weet ons dat 2015 ‘n suksesvolle jaar by Rierand gaan wees,” vertel Kruger.

Related Articles

Back to top button