Jannas-onnies pak Ice Bucket Challenge aan

Hoërskool Jan Viljoen daag nou buurskool Rierand ook uit.

Vier van Hoërskool Jan Viljoen se onderwysers het Dinsdag die ysige Ice Bucket Challenge aangepak.

Dié onderwysers is Ruan Pretorius, Herman Badenhorst, Robbie van Coller en Jannie du Preez.

Volgens Van Coller het elkeen van hulle R125 gegee om ‘n totaal van R500 aan die ALS-fonds te skenk.

“Ons het tydens pouse op die vierkant van Hoërskool Jan Viljoen bymekaar gekom om ons Ice Bucket Challenge te voltooi. Dit was bitter koud, maar beslis ‘n voorreg om deel te wees van die bewusmaking van ALS,” vertel Van Coller.

Hy daag ook namens dié vier onderwysers die onderwysers van hul buurskool Hoërskool Riebeeckrand uit om die Ice Bucket Challenge aan te durf.

“Ek daag ook die onderwysers van Hoërskool Riebeeckrand uit om ons donasie aan ALS te ewenaar,” eindig Van Coller.

Verwante artikels:

Video: Herald journalist takes on Ice Bucket Challenge

Video: Local business takes on Ice Bucket Challenge

Exit mobile version