NewsSchools

Mnr SA-finalis waarsku Jannas teen dwelms

'Ek dink dit is belangrik vir leerlinge om te hoor wat dwelms aan jou kan doen'

Die Wes-Rand se eie top 25-finalis in vanjaar se Meneer Suid-Afrika-kompetisie, Armand du Plessis het Donderdag die Graad 11-leerlinge van Hoërskool Jan Viljoen teen dwelmmisbruik gewaarsku.

Volgens Du Plessis moet hulle as finaliste in die kompetisie verskeie liefdadigheidsprojekte aanpak. Een van dié projekte is om leerlinge bewus te maak van dwelms en die gevaar wat dit vir hulle inhou.

“Ons het dit toe goedgedink om Hoërskool Jan Viljoen te besoek en ‘n boodskap van kardinale belang oor te dra,” vertel Du Plessis.

Du Plessis het een van sy vriendinne en kollegas, Jani Hepler saamgenooi. Hepler het self ‘n stel met dwelms afgetrap en haar hartroerende storie met die leerlinge gedeel.

“Ek dink dit is belangrik vir die leerlinge om te hoor wat dwelms aan jou kan doen. Die beste bron van inligting is beslis iemand wat self die gevolge daarvan moes dra,” vertel hy.

Hoërskool Jan Viljoen se bestuur bedank vir Du Plessis en Hepler vir die tyd wat hulle afgestaan het om met die leerlinge te kom gesels. Die leerlinge het baie oor die gevaar van dwelmmisbruik by hulle geleer.

Diegene wat vir Du Plessis wil stem om die volgende Mnr SA te wees, kan die woord ‘MRSA 008’ na 47439 sms.

Verwante artikels:

Jani Hepler het ook die leerlinge toegespreek.
Jani Hepler het ook die leerlinge toegespreek.

Related Articles

Back to top button