Local newsNews

AGS Greenhills bid vir Randfontein

'Gebedsweek 'n sukses, talle deure is oopgemaak' — pastoor.

Die AGS Greenhills-gemeente glo dat talle deure vir mense oopgemaak is gedurende ‘n onlangse gebedsweek.

Volgens Hannes van der Merwe, pastoor van AGS Greenhills-gemeente was die gebedsweek aan die einde van Augustus ‘n reuse sukses.

Hy vertel dat God tydens die week vir talle lede van die gemeenskap ‘n deur van die een of ander aard oopgemaak het.

“Dit sluit finansies, werksgeleenthede en verskeie geestelike kwessies in,” vertel Van der Merwe. “Ons is opreg dankbaar en gee God al die eer.”

Van der Merwe vertel dat talle lede van die gemeenskap die gebedsweek bygewoon het en bedank elkeen vir hul belangstelling en teenwoordigheid.

“Sonder ‘n gemeenskap wat saam met ons kom bid het, sou daar nie soveel deurbrake gewees het nie,” vertel Van der Merwe.

Pastoor Hannes van der Merwe het tydens die gebedsweek die Woord bedien.
Pastoor Hannes van der Merwe het tydens die gebedsweek die Woord bedien.

Related Articles

Back to top button