News

‘Gemeenskappe moet hulself beskerm’ – AfriForum

Augustus 'n rillermaand wat aanvalle betref sê hoof van gemeenskapsveiligheid.

AfriForum doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om hulself te beskerm na die vlaag plaasaanvalle wat glo in Augustus plaasgevind het.

“Augustus was ‘n rillermaand wat aanvalle betref. Daar was 22 bevestigde plaasaanvalle, waarvan vyf moorde was,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid Dinsdag gesê.

“In die afgelope drie maande is 17 moorde by ons aangemeld.”

Cameron versoek dat mense in landelike gebiede betrokke raak by veiligheidsinisiatiewe waar daar pro-aktief opgetree kan word om aanvalle af te weer.

Volgens hom is daar talle landbou-organisasies, privaatinstansies en gemeenskapsinisiatiewe, soos dié van AfriForum, waar mense betrokke kan raak.

“Die staat versuim om mense te beskerm, ons moet dit dus self doen. Die staat sê dikwels dat ons nie kan optree nie, maar ons het ʼn reg as burgers om ons lewens en eiendom te beskerm,” het Cameron gesê.

Cameron het bygevoeg “Volgens ons syfers was daar al minstens 87 bevestigde plaasaanvalle in 2014.”

Verwante artikels:

Related Articles

Back to top button