Vrouekamp beplan vir September

Die kamp sal beslis vir elke vrou groot geestelike waarde inhou.

Die pastoorsvrou van AGS Greenhills-gemeente, Jandie van der Merwe nooi vroue in die gemeenskap uit na hul vrouekamp.

Volgens Van der Merwe sal die kamp vir elke vrou ‘n geestelike ervaring inhou. Die kamp sal van 19 tot 21 September by die Leeuwspoor Kampterrein buite Derby gehou word.

“Ons tema vir die kamp is ‘Wys my die Herder’, daarom glo ek dat elkeen ‘n persoonlike ontmoeting met hul Skepper sal beleef,” vertel Van der Merwe opgewonde.

Tydens die kamp sal diegene teenwoordig verskeie ontspanningsaktiwiteite geniet en selfs op ‘n wildrit gaan. Op die geestelike front sal die vroue God se naam deur lofprysing en gebed groot maak en ook verskeie bedienningsessies geniet.

“Ons gasspreker tydens die kamp is Ena Botha wat ‘n boodskap sal bring wat by die geleentehid se tema aansluit,” vertel Van der Merwe.

Sy vertel dat die kampterrein ‘n lieflike terrein is met kamers wat vier persone akkomodeer, daarom is groepe van vier vroue welkom om hul plek te bespreek.

Kostes beloop R400 per persoon en sluit alle etes, ‘n wildrit en ‘n handvaardigheidswerkswinkel in. Alle besprekings moet voor of op 12 September gedoen word.

“Ek doen ‘n beroep op vroue in die gemeenskap om hul plek te bespreek en ‘n heerlike naweek saam met ons in God se teenwoordigheid te kom geniet,” vertel Van der Merwe.

Vir meer inligting of besprekings, skakel vir Jandie van der Merwe by 072 200 7133.

Exit mobile version