Ramkriekies blink uit tydens Raca-kunswedstryd

Klomp kleuterskool-leerlinge van Laerskool Randfontein behaal goeie prestasies.

Laerskool Randfontein se kleuterskool-leerlinge, Ramkriekies het uitgestaan tydens die Raca-kunswedstryd.

Die Ramkriekie-spreekkoor het 97 persent behaal en is ook as afdelingswenner aangewys terwyl Armand Martins 100 persent vir sy Afrikaanse gedramatiseerde Poësie ontvang het.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein Annie Nolan het meer as 30 van die Ramkriekie-leerlinge het in verskeie kategorieë van die Raca-kunswedstryd deelgeneem. Dié kategorieë sluit gedramatiseerde poësie; spreekkoor en drama in.

“Die prestasies wat behaal is deur die leerlinge is fantasies en Ram is baie trots op elkeen van hulle. Ons is ook baie trots op die agt leerlinge Armand Martins, Micaylin van Heerden, Brendan Venter, James Durant, Ruwayden Bam, Leannè Louw, Janco Prinsloo en Jana Martins wat ‘n gemiddeld bo 90 persent verower het,” het Nolan gesê.

Die hoof van Laerskool Randfontein, Leon Haupt, en die personeel van Ram is baie trots op die klein maatjies en wens elkeen van hulle geluk met hul uitsonderlike prestasies.

Exit mobile version