“Ons wil siele vir Jesus wen” — nuwe kerk

Nuwe kerk hier om God se naam te vereer.

Die Lewende Nuwe Generasie Kerk onder leiding van Dominee Johan van der Merwe het dit duidelik gemaak hulle is hier om God se naam te vereer.

Volgens die voorsitter van dié gemeente Louis Jordaan “Is die kerk eers in April vanjaar gestig. Ons kerk is nie afhanklik van enige ander denominasie nie, en streef daarna om ‘n verskil in die gemeenskap te maak en siele vir Jesus te wen.”

Ds. van der Merwe het bygevoeg dat hy doelgerug is en sowat vier maande al besig is om God se werk in ‘n stukkende wêreld te doen.

Jordaan verduidelik verder dat die kerk by Randfontein Golf Baan se tennisklub geleë is en al reeds uit sowat 130 lede bestaan.

“Ons doel is om stukkende mense na God te lei en te wys dat daar nie ‘n fisiese voorkoms aan Godsdiens gekoppel is nie. Dus is enigiemand welkom om by die gemeente te kom kuier en selfs by ons aan te sluit,” vertel Jordaan.

Alhoewel die gemeente alle ouderdomsgroepe akkommodeer, is die kerk en Ds. van der Merwe baie gefokus op die jeug aangesien die jeug die toekoms is.

“Daarom is dit vir ons as gemeente bie belangrik om die jeug te laat welkom voel. Dit sonder om die ouergenerasie af te skrik of onwelkom te laat voel,” vertel Jordaan.

Jordaan vertel verder dat Die Lewende Nuwe Generasie Kerk ‘n kerk vir die stukkende mens is.

“Ek glo van harte dat diegene wat voel hulle het nie ‘n plek in die gemeenskap nie, ‘n plek van aanbidding hier by ons sal vind,” vertel Jordaan.

• Navrae: Louis Jordaan by 083 395 0383, of die kerkkantoor by 082 738 4685.

Exit mobile version