Local newsNews

Sjokolade-aand vir minderbevoorregtes

Organisasie vra dat die gemeenskap hulle ondersteun.

NG Welsyn Randfontein het met ‘n lekker fondsinsamelings vorendag gekom om kinders te help.

Die organisasie nooi gesinne van die gemeenskap om hul sjokolade-aand by te woon in NG Gemeente Randfontein-Noord se saal op 5 September vanaf 5nm.

Die doel van die geleentheid is om fondse in te samel ten bate van NG Welsyn Randfontein. Kaartjies kos R50 per persoon, en kinders sal gratis toegang kry. Elke kaartjie sal ‘n nommer op hê waarmee ‘n prys gewen en sjokolade gekoop kan word.

Daar sal ‘n kunsuitstalling deur Dawie van Deventer wees wat profielsketse maak. Tien persent van sy verkope van sal aan NG Welsyn geskenk word.

• Navrae: NG Welsyn Randfontein by 011 412 1035

Related Articles

Back to top button