NewsSchools

Nuwe wiele vir Rierand

Skool hou kompetisie om die bus 'n naam te gee.

Na ‘n suksesvolle Fiesta-dag het die bestuur van Hoërskool Riebeeckrand die fondse wat op die dag ingesamel is gebruik om ‘n nuwe skoolbus te koop.

Volgens die bemarker van die skool, Rickus Kruger het hulle die bus aangekoop om vervoer vir hul leerlinge te bevorder.

“Ons is baie opgewonde oor die nuwe bus en kan nie wag om dit ‘n naam te gee nie,” vertel Kruger.

Hy verduidelik dat die skool ‘n ‘Kies ‘n Naam’-kompetisie geloots het.

“Die leerlinge van die skool kan nou name vir die bus inskryf. Die kreatiefste naam sal dan aan die nuwe skoolbus gegee word,” vertel Kruger.

Die bestuur van Hoërskool Riebeeckrand bedank die beheerliggaam vir hul betrokkenheid by die Fiesta-dag en vir die aankoop van die nuwe bus.

Related Articles

Back to top button