NewsSchools

Rappies hou Ysterman-kompetisie

Laerskool Rapportryer se Ystermankompetisie skei die manne van die muise.

Laerskool Rapportryer het die manne van die muise geskei tydens hul eerste Ysterman-kompetisie vir seuns van Graad 1 tot 7.

Volgens die skakelbeampte van die skool, Roleen Olivier, is dié seuns se krag, spoed en uithouvermoë behoorlik getoets.

“Deelnemers moes verskeie aktiwiteite uitvoer om te bepaal wie die sterkste, vinnigste en mees getroue ysterman in die skool is,” vertel Olivier.

Sy sê dat die seuns dit baie geniet het om met mekaar mee te ding.

Die wenner en naaswenner van die ystermankompetisie sal tydens die Mnr en Mej Rapportryer-geleentheid op 19 September aangekondig word en erkenning ontvang vir hul deelname.

“Ons as bestuur van Laerskool Rapportryer wens elkeen van dié seuns baie geluk met hulle prestasies. Julle almal is werklik ystermanne,” vertel Olivier.

Related Articles

Back to top button