Ram-leerling die slimste uit 150

Graad 3-leerling verstom almal met sy wiskundevaardighede.

Die Graad 3-leerlinge van Laerskool Randfontein het onlangs aan die Departement van Onderwys se Mental Maths-kompetisie deelgeneem en werklik puik gevaar.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Annie Nolan, het al die leerlinge dieselfde vraestel geskryf wat deur hul voogonderwysers gemerk is.

Nolan vertel verder dat daar in elke Graad 3-klas ‘n wenner aangewys is.

Die wenners in klasverband is JC Bornman, Ayden de Beer, Werner Mare, Shannon Codison en Hayley-Jean le Roux.

JC was seker die bekendste naam op almal se lippe toe hy as die algehele wenner uit 150 leerlinge aangewys is. Hy het toe op 15 Augustus sy kennis verder op die proef gestel toe hy op distriksvlak aan die Menthal Maths-kompetisie deelgeneem het.

“Al die skole in die D2-distrik se wenners het dieselfde vraestel geskryf en weereens het JC baie goed gevaar en ‘n algehele tweede plek behaal,” vertel Nolan.

Die hoof en personeel van Laerskool Randfontein is uiters trots op JC en wens hom geluk met sy puik wiskundevaardighede.

Exit mobile version