NewsSchools

Groot donasie vir Vriendskaptuiste

"So 'n gemeenskapsprojek leer leerlinge belangrike morele waardes."

Laerskool Randfontein (Ram) het die afgelope naweek ‘n groot donasie aan Randfontein Vriendskapstuiste se kermis geskenk.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Annie Nolan pak Ram elke kwartaal ‘n ander gemeenskapsprojek aan. DiĂ© kwartaal het hulle dit goedgedink om hulp aan die Vriendskapstuiste te verleen. Die leerlinge het sommer dadelik ingespring en begin om verskeie produkte in te samel.

Nolan sĂȘ, “Dit leer die leerlinge belangrike morele waardes, soos om besorg te wees oor minderbevoorregtes. 

“Alhoewel ons hoofsaaklik op die poedings en lekkers gefokus het, is daar baie tombola en wit olifant-items ook ingesamel,” vertel Nolan. 

“Dit was vir ons as bestuur van Laerskool Randfontein ‘n riem onder die hart om te sien hoe baie artikels die leerlinge ingesamel het.”

Nolan verduidelik dat dié projek deur Dallena Botha van stapel gestuur is en dat sy baie trots is op die hoeveelheid items wat die leerlinge ingesamel het.

“Botha is baie passievol oor die welstand van die bejaardes by die Vriendskaptuiste,” sĂȘ Nolan.

Die donasie van duisende jelliepakkies en honderde bokse vla is op Vrydag 15 Augustus aan die Vriendskaptuiste oorhandig.

Die hoof en personeel van Ram wil net vir almal wat hul harte oopgemaak het vir die projek baie dankie sĂȘ.

Related Articles

Back to top button