Local newsNews

Laat God vir jou deure oopmaak

Wees deel van AGS Greenhills se gebedsweek.

Die AGS Greenhills-gemeente bied ‘n gebedsweek van 24 tot 28 Augustus aan. Die gemeenskap word uitgedaag om diĆ© geleentheid te gebruik om vir God te vra om nuwe deure vir hulle oop te maak.

Volgens die pastoor Hannes van der Merwe is hul tema vir die maand ‘Oop deure’ en diĆ© gebedsweek sal by die tema aansluit.

“Ek glo dat God vir elke persoon tydens die gebedsweek nuwe deure sal oopmaak, en doen ‘n beroep op die gemeenskap om van die geleentheid gebruik te maak om vir die Here ‘n geleentheid te gee om ‘n verandering in hul lewe te bring,” vertel Van der Merwe.

Die gemeente sal die gebedsweek tydens hul oggend- en aanderedienste afskop op 24 Augustus.

“Vanaf Maandag af sal ons sal elke aand vanaf 6nm tot 8.30nm by die kerkgebou bymekaar kom om oor verskeie sake te bid en God se aangesig te soek,” vertel Van der Merwe.

Alhoewel die kerkgebou vir diƩ tyd oopgestel sal word, sal die amptelike sessie daagliks vanaf 7nm tot 8nm plaasvind.

Hy verduidelik dat elke aand van die gebedsweek ‘n ander tema sal hĆŖ.

“Daar sal vier verskillende gebedstasies in die kerkgebou wees. Elke stasie sal die gemeenskap meer inligting en riglyne bied vir elk van die vier temas wat behandel sal word,” vertel Van der Merwe.

DiĆ© temas is ‘Deur van geloof’, ‘Deur vir die Woord’, ‘Groot en Kragtige deur’ en ‘Dankie vir oop deure’.

Daar sal ook verskeie gassprekers soos George van Schalkwyk en Danie Maritz tydens die gebedsweek wees. Die sprekers se boodskap sal ook direk verband met die temas hou.

Van der Merwe sal ook tydens die week die Woord bedien. Almal is welkom om die gebedsweek by te woon en die toegang tot die geleentheid is gratis.

Om die gebedsweek af te sluit, sal die gemeente op 30 Augustus ‘n manne-ontbyt aanbied waartydens dr Ben Forster die manne sal toespreek.

“Kaartjies vir die manne ontbyt beloop R80 per persoon en is by die kerkkantoor beskikbaar,” vertel Van der Merwe.

Kaartjies is slegs tot 27 Augustus beskikbaar. Vir meer ingligting rondom die gebedsweek en die manne-ontbyt, skakel gerus die AGS Greenhills se kerkkantoor Maandag tot Vrydag tussen 8vm en 2nm by 011 692 3880.

Related Articles

Back to top button