CrimeLocal newsNews

Massapatrollie vanaand deur GPF

"Ons wil met meer mense kommunikeer om misdaad te voorkom."

Indien jy vanaand, terwyl jy ‘n koppie tee geniet of saam met jou gesin voor die TV ontspan, van loeiende sirenes en flitsende noodligte buite jou huis bewus word, is dit heel waarskynlik lede van Sektor 4 se Gemeenkapspolisiëringsforum (GPF) wat met ‘n bewusmakingsveldtog besig is terwyl hulle jou woongebied patrolleer.

Stanley Mylie, voorsitter van die Sektor 4 GPF in Randfontein sê, “Ons patrolleer elke aand in die verskillende areas wat onder Sektor 4 val en ons wil inwoners bewus maak van hoe belangrik dit is dat die gemeenskap en GPF moet hande vat in die stryd teen misdaad.

“Die GPF is die kommunikasiekanaal tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die meeste van die sekuriteitsmaatskappye om voorvalle en probleme in jou area aan te meld.

“Ons is glad nie daar om die polisie en sekuriteitsmaatskappye te vervang nie; ons is lede van die gemeenskap wat ‘n verskil wil maak. Ons wil met meer mense kommunikeer om misdaad te voorkom.”

Indien jy by die GPF betrokke wil raak, stuur jou naam en adres na 082 854 2731.

Besoek ook hul webwerf by www.randfonteincpfsector4.co.za.

Related Articles

Back to top button