NewsSchools

Alma Mater reik uit

Privaat skool laai bakkie vol kos af by Laerskool Avante.

Die bestuur van Alma Mater Akademie in Krugersdorp het onlangs hul harte teenoor Laerskool Avante oopgemaak deur hul voedingskema te bevorder.

Edna Walker, die bemarker van Alma Mater Akademie sê, “Leerlinge van die skool het ingespring en kos bymekaar gemaak toe hulle hoor dat daar ‘n skool in die Randfontein-area is wat dié hulp benodig.

“Lede van Alma Mater het op 25 Julie by Laerskool Avante besoek afgelê en ‘n bakkievrag kos aan die skool geskenk,” vertel Walker.

“Om soveel leerlinge so gelukkig en opgewonde te sien om kos te ontvang was werklik ‘n riem onder die hart en maak ons Alma Mater-harte warm en spoor ons aan om nog meer te gee en nog meer vir die Randfontein-gemeenskap te doen.”

Related Articles

Back to top button