Rierand veg die koue vir minderbevoorregtes

Graad 10-raad van Hoërskool Riebeeckrand samel komberse en baadjies in vir minderbevoorregtes.

Met die winter in ons midde het onderwyser Sandra Rall en haar Graad 10-raad dit goed gedink om komberse en baadjies aan behoeftige leerlinge en kinders te skenk.

Die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger vertel, “Die Graad 10-raad het dié projek met ‘n positiewe gesindheid benader en selfs ‘n trui vir een van die bome by die skool gebrei. Die boom dien nou as hul mascot vir die projek.

“Die Graad 10-raad se doel met hulle nuwe mascot is om die leerlinge te motiveer om by die projek betrokke te raak en om sodoende die sukses van dié projek te verseker,” vertel Kruger.

Volgens Rall, stigter van die projek, is daar baie leerlinge wat ‘n behoefte aan warm klere het.

“Ons kan nie net sit ek kyk hoe mense in die winter swaarkry nie. Ons kan saamspan en ‘n verskil maak. Daarom doen ek ‘n beroep op die leerlinge van Hoërskool Riebeeckrand en selfs die gemeenskap en ouers om by die projek betrokke te raak,” eindig Rall.

Exit mobile version