NewsSchools

Rammies gaan skool in pantoffels

Laerskool Randfontein vier Nasionale Pantoffeldag vir liefdadigheid.

Laerskool Randfontein het verlede Vrydag aan die Reach for a Dream pantoffeldag deelgeneem en met hul pantoffels tydens dié geleentheid gespog.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Annie Nolan, het die leerlinge almal R10 betaal en hul pantoffels by hul skoolklere aangetrek.

“Dit was ‘n dag waar die pantoffels geregeer het,” vertel Nolan.

Sy sê dat daar die mooiste en oorspronklikste pantoffels was. Leerlinge het met allerhande snaakse pantoffels by die skool opgedaag en die onderwysers moes regdeur die dag vaskyk in enigiets van pienk honde tot gespikkelde goggas aan die leerlinge se voete.

“Een van ons kleuterskool se onderwyseresse, Monica le Roux, het sommer haar wit en swart koeislaapklere aangetrek,” vertel Nolan.

“Die Ramkriekie-maatjies het dit baie geniet om hulle onderwyser te sien laf wees en het die dag baie geniet.”

Nolan vertel dat die dag groot pret en plesier was en dat al die fondse wat op dié wyse ingesamel is vir ‘n goeie doel is.

“Ons wil graag almal bedank wat aan die dag deelgeneem en ‘n bydrae gegee het vir Reach for a Dream en hulle pantoffeldag,” sluit Nolan af.

Related Articles

Back to top button