News

Rassisme by Pothefstroomkampus

“Kill the Boer, Kill the Racist, Kill Afrikaans!”, lui ʼn pamflet op die Puk.

AfriForum Jeug veroordeel die rassehaat-pamflet wat in badkamers by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) versprei is, ten sterkste.

Die pamflet, wat glo ’n Afrika-bevrydingsembleem soortgelyk aan dié van Sasco bevat, lui: “Kill the Boer, Kill the Racist, Kill Afrikaans.”

“Ons eis dat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) onmiddellik dié geval in hulle verhoor insluit en ’n volledige ondersoek loods,” sê Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug.

“Dit is duidelik dat daar ekstremistiese studente is wat nie met minderhede wil saamleef met wedersydse erkenning en respek nie. Hierdie pamflet bevat duidelike haatspraak teen Afrikaners en Afrikaansprekendes, en verder sweep dit mense op om rassemoorde te pleeg,” sê Maree.

AfriForum Jeug het ’n skrywe aan die NWU én die SAMRK gestuur waarin geëis word dat ’n onmiddellike ondersoek van stapel gestuur word om te bevestig wie die individue en organisasie is wat die haat-pamflette versprei.

Die SAMRK het verlede week ʼn verhoor gehad oor transformasie by universiteite. Die Puk-kampus van die NWU is in die besonder geteiken deur die Kommissie omdat die kampus na bewering “te wit” is.

“Die SAMRK moet eerder op sulke blatante haatspraak fokus en begin besef dat Afrikaners ook slagoffers van rassisme is,” het Maree afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button