News

Rassisme by Pothefstroomkampus

“Kill the Boer, Kill the Racist, Kill Afrikaans!”, lui ʼn pamflet op die Puk.

AfriForum Jeug veroordeel die rassehaat-pamflet wat in badkamers by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) versprei is, ten sterkste.

Die pamflet, wat glo ’n Afrika-bevrydingsembleem soortgelyk aan dié van Sasco bevat, lui: “Kill the Boer, Kill the Racist, Kill Afrikaans.”

“Ons eis dat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) onmiddellik dié geval in hulle verhoor insluit en ’n volledige ondersoek loods,” sê Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug.

“Dit is duidelik dat daar ekstremistiese studente is wat nie met minderhede wil saamleef met wedersydse erkenning en respek nie. Hierdie pamflet bevat duidelike haatspraak teen Afrikaners en Afrikaansprekendes, en verder sweep dit mense op om rassemoorde te pleeg,” sê Maree.

AfriForum Jeug het ’n skrywe aan die NWU én die SAMRK gestuur waarin geëis word dat ’n onmiddellike ondersoek van stapel gestuur word om te bevestig wie die individue en organisasie is wat die haat-pamflette versprei.

Die SAMRK het verlede week ʼn verhoor gehad oor transformasie by universiteite. Die Puk-kampus van die NWU is in die besonder geteiken deur die Kommissie omdat die kampus na bewering “te wit” is.

“Die SAMRK moet eerder op sulke blatante haatspraak fokus en begin besef dat Afrikaners ook slagoffers van rassisme is,” het Maree afgesluit.

Related Articles

One Comment

  1. What’s the point? The government are probably the “master-mind” behind this, and may I quote? “Take back” aha I’m sorry the whites came here when Africans were still running around on the beaches and plains of Africa and started erecting houses, shops, roads. They came with education, wealth, infrastructure only to be killed 400 years later because they stole the country from you? Besides, they didn’t steal it from anybody they traded with the Khoisan – and at the end of the Apartheid, RSA is one of the worst countries. I’m not ashamed of my citizenship, I’m ashamed by my government and her people

Back to top button