Rierand o.15-hokkiespan mik hoog

"Ons wil die top hokkiespan in Gauteng word."

Hoërskool Riebeeckrand se o.15-hokkiespan mik hoog en wil die top span in Gauteng wees.

Die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger sê, “Die spannetjie is vinnig op pad na roem en is gereed om hul merk tydens die Gauteng-uitspeelwedstryde te maak. Hulle is ook vasbeslote om vanjaar die top o.15-hokkiespan in Gauteng te word.”

Die afrigter van dié dinamiese span, Rina Botha, vertel verder dat die dogters die afgelope skoolvakansie goed voorberei het vir die uitspeelwedstryde wat voorlê.

“Die uitspele vind in ‘n poel-formaat plaas waar die streke kragte gaan meet. Die beste span in elke poel speel dan in die eindstryd,” vertel Botha.

Kruger sê dat dié uitspeelwedstryde vanjaar in Potchefstroom by die NWU Puk-hokkiestadium sal plaasvind.

“Die astrobaan is defnitief ‘n uitdaging vir ons spanne aangesien die meeste van ons liga- en skoolwedstryde op gras gespeel word. Dit hou immers vir ons ook voordeel in aangesien ons o.15-voorspelers baie vinnig is en blitsig op die bal toesak,” vertel Kruger.

Almal by Hoërskool Riebeeckrand wens dié dogters sterkte toe met die wedstryde wat vir hulle voorlê.

Exit mobile version