Rappies gee om vir minderbevoorregtes

Laerskool Rapportryer het weer ingeklim en nie-bederfbare kosse aan ander uitgedeel.

Laerskool Rapportryer se leerlinge het weer soos elke kwartaal se Omgee-week ingeklim en nie-bederfbare voedsel ingesamel wat aan minderbevoorregtes uitgedeel word.

“Dié voedsel word in bokse verpak en aan minderbevoorregte gesinne gestuur. Ons is baie trots om te sê dat Rappies se Omgee-projek elke kwartaal kos aan ongeveer 15 gesinne voorsien,” sê die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier.

“Dié gesinne waardeer elke dingetjie wat hulle ontvang en is altyd so dankbaar. Ons probeer ook om lekkernye in te pak wat die gesinne kan geniet,” Olivier gesê.

Laerskool Rapportryer se leerlinge werk elke kwartaal baie hard om van dié projek ‘n sukses te maak.

“Ons wil ook ons ouers bedank vir hul vrygewige bydrae om kwartaalliks die projek te ondersteun en so suksesvol af te handel en te verseker dat elke gesin ‘n kospakkie ontvang,” vertel Olivier.

Indien daar enige persoon of instansie is wat by dié projek betrokke wil raak, kan hulle die skool by 011 412 2804/ 5 kontak.

Exit mobile version