NewsSchools

Ram lewer talentvolle rugbyspelers op

Laerskool Randfontein spog met sewe in Wesklinieke-rugbyspan.

Laerskool Randfontein (Ram) het duidelik rugbytalent sedert sewe o.11- en o.12-rugbyspelers tydens die Wesklinieke rugbyproewe in aksie was.

Volgens die skakelbeampte van Ram, Annie Nolan het ses skole van Randfontein, Westonaria asook Krugersdorp aan dié proewe deelgeneem.

Nolan sê die kompetisie was baie taai, maar sewe van Ram se kranige rugbyspelers is in die Wesklinieke-rugbyspan opgeneem.

“Sibo Kghlapa is in die o.11-ontwikkelingspan opgeneem terwyl Kurt de Swart, Nieard Richard, Jacques Venter en Wessel Lottering in die o.11-Weskliniekespan opgeneem is,” vertel Nolan.

Khotso Segale en JP Nel sal hulle merk in die o.12-Weskliniekespan maak.

“Dié seuns het ware rugbytalent wat ontwikkel en verskerp gaan word in die Weskliniekespanne,” vertel Nolan.

Sy vertel dat die Weskliniekespanne elke Vrydagmiddag na skool oefen en aan ‘n verskeidenheid wedstryde teen ander streke gaan deelneem. Die hoof en personeel van Ram glo dat die seuns by die deur van ‘n fantastiese rugbyloopbaan staan en wens hulle geluk met hul puik prestasies.

Related Articles

Back to top button